GEORGE NUUS - Tannie Hannie Gerber van Jura Care Village het op 21 September haar 94ste verjaarsdag gevier.
Sy is in 1928 in George gebore en gedoop in die NG Moeder-gemeente waarna sy in Wellingtonstraat, Denneoord, grootgeword het.
Sy was die enigste dogter in die gesin met vier broers en het in haar broer se algemene handelswinkel gewerk tot sy haar man ontmoet het.
Haar man het vir die spoorweë gewerk en het sy rondgetrek met haar kinders tussen Zimbabwe, Zambië en Durban voor sy terggekeer het na George.
Hier het sy vir 25 jaar saam met haar enigste dogter, Ronel gebly tot sy sewe jaar gelede by Jura Care Village aangesluit het. Sy is die oudste inwoner van Jura Care.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'