GEORGE NUUS - Sowat 40 werkers van George Switchboards het vandag, Woendag 2 Mei, weer begin staak nadat hul werkgewer nie wou toegee aan hul eis vir 'n 7%-verhoging nie.
Volgens 'n e-pos wat deur die maatskappy aan die unieverteenwoordiger gestuur is, sal die werkers van die perseel uitgesluit bly totdat hulle toegee aan die aanbod van 'n 5,3%-verhoging en geen bonusse nie.
Die staking duur tot Vrydag. Dit volg op hul staking 'n maand gelede toe loononderhandelings nie tot 'n punt kon kom nie.
Hulle betoog op die sypaadjie voor hul werksperseel in Hoopstraat.
Lees 'n vorige artikel: Ontevrede werkers staak oor lone
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'