GEORGE NUUSFLITS - ‘n Elfjarige seun van Le Vallia is Sondag 21 Januarie ernstig beseer toe hy deur 'n Ford Bantam-bakkie in Knysnaweg getref is.
Die seun en 'n vriend was besig om die pad naby Pick n Pay oor te steek toe die bakkie, wat in die rigting na die Garden Route Mall gery het, hom raakry.
Hy is met veelvuldige kopbeserings in die intensiewe eenheid van die Mediclinic George opgeneem.
'n Saak van roekeloos- en of nalatige bestuur word deur die polisie ondersoek.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'