GEORGE NUUS - Leerders van Pacaltsdorp Primêr (PPS) het Saterdag 12 September aan die jaarlikse EdenX Hackathon by Hoërskool George deelgeneem.
Die unieke kompetisie, wat deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) se Eden- en Sentraal-Karoo (ESK)-distrikskantoor gereël is, het leerders van regoor die streek byeengebring om hul vaardighede in robotika, kodering, toepassingsontwerp en hommeltuigvlieg te toets.
PPS se Spike Prime-span, Techno Tigers, het ’n fantastiese derde plek behaal.
Die Spike Prime-span, Techno Tigers, van links: mnr. Edneil Felix, Liam Martin, Fergusson van Wyk, Hope Engelbrecht, Quwayne Smith, Caydee-Leigh Cherry, Mia Sparks, Samandré-Nique Manewil, Hardly Madikwa en juf. Wilshe Bowman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’