GEORGE NUUS - Vyf insittendes, waaronder 'n 2-jarige dogtertjie, was vanaand, 26 Desember, omstreeks 20:00 in CJ Langenhoven-weg in 'n motorongeluk betrokke.
Twee voertuie het mekaar reg van voor getref.
Die dogtertjie het hoofbeserings opgedoen. Sy was saam met haar ouers in die motor.
Die vrou in die ander voertuig het haar femur gebreek en die man het breke aan sy sleutelbeen en skouer opgedoen.
Almal is na die Mediclinic George vervoer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'