GEORGE NUUS - Die liggaam van 'n 27-jarige man is Maandag 12 November op die hoek van O'Connell- en Hurterstraat in Rosemoor gevind. Volgens Conville-polisie se stasiebevelvoerder, kol. AB Kriga, het die voorval plaasgevind toe twee mans na bewering oor 'n hond baklei het.
Die oorledene is aan die linkerkant van sy nek met 'n handgemaakte mes gesteek. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.
Die verdagte (25) is ook tydens die voorval beseer en na die George-hospitaal geneem.
Enigiemand met inligting rondom die voorval word gevra om sers. Ralton Mafutu by 044 803 3302 te skakel.
The body of a 27-year-old man was found on the corner of O'Connell and Hurter streets in Rosemoor on Monday 12 November. According to Conville Police Station Commander Col AB Kriga, the incident occurred when two men allegedly fought about a dog. The deceased was stabbed on the left side of his neck with a handmade knife. He died on the scene. The suspect (25) was also injured during the incident and taken to George Hospital. Anyone with information about the incident is asked to contact Sgt Ralton Mafutu on 044 803 3302.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'