Gallery
GEORGE NUUS - Laerskool Blanco se gr. 3's het op Donderdag en Vrydag, 10 en 11 Junie, Goggadag gevier. Daar was letterlik 'goggas' so ver die oog kon sien. Party het gevlieg, party het geloop, party het gezoem.
Al die leerders en onderwysers, het as deel van lewensvaardigheid, en om aan te sluit by die insektema, soos insekte aangetrek.
Elkeen moes ook ’n praatjie lewer oor daardie spesifieke insek.
Fotogalery: Goggadag by Laerskool Blanco
Almal het baie interessanthede oor insekte geleer en die dag is afgesluit met vergrootglase, op soek na insekte op die skoolterrein.
Juffrou Saretha Ferreira saam met haar gr. 3-klas op Goggadag.
Juffrou Saretha Ferrera (regs agter) en student Kelly Pio (links agter) saam met die ander gr. 3-klas.
Aiden van Dyck wys 'n by sorg vir die heuning in die potjie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'