GEORGE NUUS - Die laaste slagoffer van 'n brand wat vroeg in Desember drie woonplekke in Rosedale verwoes en drie ander beskadig het, het ook nou 'n blyplek gekry.
Athane Scholtz, mediabeampte van George-munisipaliteit, het bevestig dat die derde struktuur op 23 Desember opgerig is.
George-munisipaliteit het 'n paar dae na die brand twee van die drie strukture vervang en twee reggemaak.
Die munisipaliteit het aanvanklik gesê die derde struktuur kan nie opgerig word nie omdat die polisie besig was met 'n ondersoek na die oorsaak van die brand.
Volgens Scholtz het die direkteur Menslike Nedersettings, Charles Lubbe, egter die
bou van die struktuur goedgekeur nadat die vrou wat daar gebly het 'n interdik teen die persoon gekry het wat na bewering die huis afgebrand het.
Sers. Simone Jansen, 'n mediabeampte van Pacaltsdorp-polisie, het bevestig dat 'n ondersoek geloods is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'