GEORGE NUUS - ’n Huis in Hurterstraat 52, Rosemoor, het vanoggend, 30 Desember, omstreeks 08:30 begin brand.
Die kragboks het skielik vlamgevat.
Volgens een van die inwoners het ‘n los kragdraad in die straat al vroeër begin vonke skiet.
Dit het glo weer gebeur nét voor die kragboks binne die huis aan die brand geslaan het.
Chantel Edwards, die munisipale woordvoerder, sê ‘n laekoste woning in Hurterstraat is heeltemal deur ‘n brand verwoes.
“Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en die saak word ondersoek."
Steun by Hurterstraat 52 word waardeer. Die gesin van 10 het alles wat hulle besit verloor - insluitend klere en skoene. Gesels gerus met Caroldene by 066 116 1251, of neem donasies na Hurterstraat 44.
Huismense se groottes en behoeftes
- Elton Buys (broek: 28, hemp: S, skoen: 7, onderklere: S)
- Denice April (hemp en romp: 50-plus; skoen: 8; bra: 48 E)
- Richard van Wyk (broek: 28, hemp: S, skoen: 7, onderklere: S)
- Caroldene April (broek: 38, hemp: XXL, skoen: 6, bra: 44D, onderklere XXL)
- Venecia April (broek: 42, hemp: XXL, skoen: 5, bra 44D, onderklere: L)
- Alxandre April (seunsklere en onderklere 7-8, skoen: 1)
- Eltonice van Wyk (klere en onderklere 7-8, skoen: 1)
- Lee-Curtis April (seunsklere en onderklere, 5-6, skoen: 10)
- Vyf-maande-oue babadogtertjies, Hope en Angel April (Doeke: Huggies Extra Care, klere wat kinders van 3-6 maande en 6 – 12 maande sal pas.)
Steun by Hurterstraat 52 word waardeer. Die gesin van 10 het alles wat hulle besit verloor - insluitend klere en skoene. Kontak Caroldene by 066 116 1251, of neem donasies na Hurterstraat 44. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’