Update
GEORGE NUUS - Die regsverteenwoordiger van die voormalige George-raadslid Henry Jones, het vanoggend ‘n siekbrief by die George-landdroshof ingedien. Jones was nie vandag self by die hof nie en sal weens mediese redes eers Maandag 7 Oktober weer in die hof verskyn.
Hierdie voormalige portefeuljeraadslid van behuising staar 11 aanklagte van bedrog en ‘n klag van diefstal in die gesig. Die aanklagte spruit voort uit beweerde behuisingsbedrog wat in sy termyn as raadslid plaasgevind het, waarby hy betrek word.
Volgens Jones se regsadviseur, Kerneels Meyer, sien sy kliënt nog spesialiste Donderdag, 3 Oktober. “Hy is 'n diabeet, hy is gediagnoseer met kolonkanker en het ook 'n hartkwaal,” het Meyer gesê.
Die hof het versoek dat 'n verslag met die aard van sy siektetoestand Vrydag 4 Oktober ingedien word, om tye te bepaal wanneer die saak weer kan voortgaan. “Indien dit die spesialis se mening is dat Jones 'n lang tyd af gaan wees, moet daar 'n omvattende verslag ingedien word,” het Meyer gesê.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'