Gallery
GEORGE NUUS - Groenkloof-aftreeoord in George het sy 21ste verjaarsdag Vrydag 7 Augustus met 'n gesellige dag gevier waartydens inwoners, personeel en ander betrokkenes die geleentheid gekry het om saam fees te vier.
Martin Bester het die verjaarsdagvieringe geopen en gesê dit is 'n groot gebeurtenis, nie net vir die ontwikkelaar en ander rolspelers nie, maar vir almal wat op een of ander manier by Groenkloof betrokke is.
Die 21ste verjaarsdag is met 'n koek en eet-geleentheid gevier, met 32 smullekker koeke en ander gebak wat deur verskeie tuisbaksters gebak is. Talle inwoners het die viering bygewoon en heerlik aan die koek gesmul, terwyl sommige hul koek saam met koffie by die restaurant geniet het.
Fotogalery: Groenkloof vier 21ste verjaardag
Jacobus Murray, Annatjie Olivier, Jan Pienaar, Daniel Murray en Michiel Burger. Foto: Marguerite van Ginkel
Daar is ook gebraai en gekuier, terwyl aktiwiteitsgroepe hul breinkrag met kaartspel en skaak ingespan het.
Carol van Vuuren, Heilet Oosterhuis, Marianna Louw, Marlene Mende en Louise van Ginkel. Foto: Marguerite van Ginkel
Jan Pienaar, eienaar en hoofontwikkelaar van Groenkloof, wie se visie jare gelede tydens 'n kerkdiens ontstaan het nadat hy besef het dat daar nie voldoende fasiliteite in George beskikbaar was wat aan die behoeftes van bejaardes voldoen nie, het die spesiale verjaarsdagkoek gesny om Groenkloof se 21ste verjaarsdag te vier.
Te kies en te keur. Foto: Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’