GEORGE NUUS - EDENfm en Chris Janse van Rensburg van die radio-musiekprogram, Musiek Praatjies, het op Saterdag 20 November hande gevat en 'n aand vol vermaak, ten bate van die Tuinroete-dierebeskermingsvereniging, by Canta Libre Pub & Grill in Yorkstraat gehou.
Die doel van die geleentheid was om vir die Tuinroete DBV broodnodige fondse in te samel en op Woensdag 1 Desember het EDENfm se stasiebestuurder, Morné Petersen, 'n tjek van R 3 500 aan Rika Bouwer en Alta Koekemoer van die DBV oorhandig.
Die geleentheid het ook gepaardgegaan met Wêreldvigsdag en is tydens 'n lewendige buitelug uitsending gevier.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'