GEORGE RUGBY NUUS - Multisure Crusaders is die SWD se nuwe Mic Fin Premierliga-klubkampioen nadat hy Evergreens vanaand, Saterdag 21 September, op Outeniquapark met 25-23 geklop het.
'n Drie in die doodsnikke deur die plaasvervanger-haker Wayne Kahn het Evergreens se lot verseël nadat hy nog met sowat vier minute se speeltyd oor met 23-20 voor was.
Dit is Crusaders se eerste Premierliga-titel in sy 16-jarige bestaan.
Die toeskouers het die wedstryd geniet. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'