Gallery Video
GEORGE NUUS - Mense het begin saamtrek vir die Gwaiing-aksiegroep se optog.
Dit sal om 10:00 op die hoek van Beach- en Olympicweg begin.
Onder die aanwesiges is lede van die Pacaltsdorp Riding Club en lede van politieke partye soos Good en die PBI.
FOTOGALERY: Gwaiing Aksiegroep optog
Blanche Benjamin voorsitter van die Gwaiing-aksiegroep, het kort gelede gesê dis nie 'n politieke geleentheid nie. Die partye steun dit.
Die optoggangers sal na verwagting teen 13:00 'n versoekskrif oorhandig by die munisipale kantore in die stadskern.
VIDEO: Mense begin aankom vir optog
Verwante artikel: Arrestasie by Gwaingmond toe polisie tente afbreek
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'