Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Dis tussenverkiesingdag in New Dawn Park, Pacaltsdorp en Borcherds. Politieke partye in al drie wyke (16, 27 en 20) is druk besig met hul kieserslyste en stalletjies.
Die gees in New Dawn Park is gesellig, en mense het allerlei oulike maniere om warm te bly.
Met 'n skrikmaakreëntjie vanoggend het partye hul asem opgehou, want histories is dit bewys dat die opkoms van kiesers nooit goed is wanneer die weer guur is nie.
Inwoners van die drie wyke kan stem tot vanaand 21:00, wanneer die stembusse sluit.
VIDEO: New Dawn Park se mense is al goed op dreef vir vandag se tussenverkiesing in wyk 16. Video: Michelle Pienaar
VIDEO: Tussenverkiesing in Pacaltsdorp. Video: Lizette da Silva
VIDEO: Tussenverkiesing in Pacaltsdorp. Video: Lizette da Silva
Tussenverkiesing op Pacaltsdorp. Foto: Lizette da Silva
Kiesers op Pacaltsdorp. Foto: Lizette da Silva
Cecil Noble (links) PBI se wykskandidaat, saam met ondersteuners. Foto: Michelle Pienaar
Kiesers by een van die DA se stalletjies. Foto: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’