GEORGE NUUS - 'n Vrou, Emily Nomagesi Goncalves (49) van Angola is op Woensdag 2 Desember in hegtenis geneem ná sy vermoedelik haar man, Alberto Goncalves (45) in Borcherds met 'n slagtersmes doodgesteek het.
Die voorval het omstreeks 15:20 in Golfstraat plaasgevind terwyl hulle saam met vriende by hul huis gekuier het.
Volgens Lt. Kol. Erica Diedericks, 'n kommunikasiebeampte by die Conville-polisiestasie, het die slagoffer met die polisie se aankoms op sy rug gelê met 'n geel lap oor sy bors.
"Die verdagte is in hegtenis geneem en het verlede week haar eerste verskyning in die George-landdroshof gemaak," sê Diedericks.
Enigiemand met inligting word gevra om die ondersoekbeampte, ao. Johannes Neh by 044 803 3302 te skakel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'