Me. Zinziswa Mbebe (40) van Mandela Park in Khayalitsha was saam met vier ander mense, onder wie ‘n tweejarige seuntjie, in ‘n blou Tata Indigo op pad toe die bestuurder, mnr. Thobeka Nkuhlu, vermoedelik beheer oor die motor verloor en dit gerol het.
Volgens konst. Thembelani Kima, ‘n polisiekommunikasie-beampte, het die ongeluk omstreeks 10:45 op die N2-snelweg naby die Gwaingbrug plaasgevind. Hulle het in die rigting van George gery.
Mbebe is op die toneel oorlede.
Die ander insittendes, Nkuhlu, Sibongile Mbetywa, Gubani Philip en Thulani Mbebe (2), is almal lig beseer en na die hospitaal geneem vir behandeling. Hulle is intussen ontslaan.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.
Artikel: Lizette da Silva
Foto's: Martiza Terblanche
Die blou Tata Indigo waarin me. Zinziswa Mbebe (40) van Khayalitsha gery het, lê in die veld langs die N2-snelweg.