GEORGE NUUSFLITS - 'n Voetganger is vanoggend (Donderdag 7 September) vermoedelik deur 'n taxi in Nelson Mandela Boulevard raakgery.
Die voorval het omstreeks 07:45 op die hoek by Cheap Foods plaasgevind.
Metro-nooddienste, die polisie en verkeer was op die toneel.
Meer inligting sal bekend gemaak word soos dit beskikbaar raak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'