GEORGE NUUS - 'n Heerlike Valentynsdans is Saterdagaand, 24 Februarie, in die Pacaltsdorp-gemeen-skapsaal aangebied om geld in te samel vir die plaaslike sanger, John Haas se voorgenome toer na die VSA.
Die aand is bygewoon deur 200 gaste wat bedien is met 'n lekker tafelwyn en driegangmaaltyd en daar is tot laataand gedans en gekuier op die musiek wat DJ Gustav voorsien het.
Daar was ook gelukstrekkings met aantreklike pryse wat aan die wenners uitgedeel is.
Haas het almal bedank wat tot die sukses van die aand bygedra het, die gaste wat dit ondersteun het, Prestige Hiring George vir die verskaf van breekware en eetgerei, al die anonieme borge, en Divan Appels, eienaar van Simplicity Events wat die geleentheid georganiseer het.
Nog 'n fondsinsameling word vir Junie beplan.
Haas vertrek op 24 Junie na Amerika en sal daar vertoef tot 5 Julie.
Hy is ingesluit in die internasionale span van Show Your Talent South Africa wat gekies is om aan die Talent America-kompetisie deel te neem.
John Haas is gekies om aan die Talent America-kompetisie deel te neem.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’