Video
UNIONDALE NUUS EN VIDEO - Sestig vroue met wit strikkies was deel van 'n groep ontstelde inwoners wat vandag in Uniondale by die hof bymekaar gekom het.
Hulle het die slagoffers van twee sake kom ondersteun.
In die eerste saak, het 'n man van 24 op klagte van verkragting en aanranding verskyn nadat 'n vrou verlede week verkrag en vier keer met 'n mes gesteek is.
Die man is verlede week deur gemeenskapslede aangekeer nadat hy glo ook 'n meisie van 14 probeer verkrag het. Hy bly in aanhouding tot 3 Februarie.
In die tweede saak wat tans aan die gang is, word die bestuurder van 'n plaaslike kettingwinkel aangekla dat hy sy vriendin op Vrouedag aangerand het nadat sy hom oor beweerde tikgebruik gekonfronteer het.
Die man pleit onskuldig op die klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die klaer se gewrig is in die voorval gebreek.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'