GEORGE NUUS - Ses van Laerskool Outeniqua se musiekleerders het onlangs 'n groot teleurstelling in die oë gestaar toe 'n musiekeksamen waarvoor hulle ingeskryf het, gekanselleer is.
Die skool wou die toegewyde leerders, wat reeds halfpad voorbereid was, ondersteun en het 'n uiters bekwame plaaslike eksaminator, Philippus Hugo van Stellenbosch Universiteit se musiekdepartement, genader om 'n vervangingseksamen te fasiliteer.
Hy het ingestem en die leerders het almal baie goed presteer!
Ten spyte van die senuwees, was dit 'n baie genotvolle en aangename ervaring vir almal, danksy Hugo se vriendelike en opbouende benadering tot eksaminering.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'