GEORGE NUUS - Dr. Willie Cilliers, is die nuwe voorsitter van die George-sakekamer. Hy kom in die plek van Brenda Vorster. Vorster is die nuwe ondervoorsitter en Henry Grobler die tesourier.
Cilliers was al in die verlede voorsitter van die George-sakekamer. Hy is op die oomblik ook voorsitter van die AHI.
Cilliers is Woensdag tydens ‘n voor-algemene jaarvergadering deur die direkteure van die sakekamer verkies.
Cilliers het dit Vrydagmiddag by navraag bevestig.
Cilliers het gesê daar is groot uitdagings wat wag. Daar is steeds die Covid-19-pandemie en daar moet ook gekyk word hoe sakeondernemings in die streek weer op koers gekry kan word.
Die sakekamer hou op 20 April sy algemene jaarvergadering waar ‘n nuwe uitvoerende komitee gekies gaan word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'