GEORGE NUUS - Eden Nomads-rolbal, wat tydens elke maandelikse toernooi fondse insamel vir liefdadigheid, het nou ook 'n broodnodige rolstoel vir Huis JJ Watson losgerol.
Verskeie hulpbehoewende organisasies het in die verlede reeds skenkings van die Nomads ontvang en hierdie keer was dit die tehuis vir bejaardes in George.
Die gebruik is ook dat spelers blikkieskos na die toernooie neem wat ook vir hulpbehoewendes bedoel is.
Die toernooie word op 'n rotasiebasis tussen alle bane in die Eden-distrik roteer en vandaar die Nomads-benaming.
Die president van Eden Nomads, Sandra Axsel, asook visepresident, Louis Prinsloo het die rolstoel aan sr. June Lingenfelder van Huis JJ Watson oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'