Update
GEORGE NUUS - Skrywer Petrovna Metelerkamp het vanoggend 'n groepie vroue by George Biblioteek toegespreek oor haar nuutste boek - Die Biografie van Ingrid Jonker.
Sy het hulle behoorlik aan haar lippe laat hang soos sy vertel van hoe sy die inligting gekry het.
Sy vertel sy het jare aan die boek gewerk, haar navorsing gedoen, en kan uiteindelik sê dat sy nou daardie hoofstuk afgesluit het.
Selfs 'n verkoue en toe neus het haar nie gestop om steeds vrae oor die boek te beantwoord nie.
Lees 'n vorige artikel: Kom ontmoet die skrywer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'