TUINROETE NUUS - Bloublasies (Physalia physalis) spoel tans op plaaslike strande uit. Om in aanraking met 'n bloublasie se lang tentakels te kom, is 'n baie pynlike ervaring as gevolg van die nematosiste oftewel steekselle wat op die tentakels van die bloublasie voorkom waarmee hulle hul prooi verlam.
Kaliumchloried is die hoofbestandeel in die gif van die tentakels. Dit is dieselfde middel wat gebruik word om mense wat in die VSA tereggestel word, mee in te spuit. Dit laat die hart ophou klop.
Die dosis is egter baie kleiner in die geval van 'n enkele bloublasie.
'n Bloublasiesteek sal vir tot vier ure lank brand indien jy deur die tentakels bygekom word.
In Suid-Afrika is nog slegs een sterfgeval aangemeld nadat Roland Singh in 2012 by die Strand, Kaapstad in anafilaktiese skok gegaan het ná hy in aanraking met bloublasies gekom het.
Sulke erge noodlottige allergiese reaksies is egter wêreldwyd baie skaars. Die gif is nie die groot probleem nie, maar wel die netels wat in die vel vashaak en pynlik is.
Bloublasies is egter baie interessant. Hulle bestaan uit vier organismes:
- Die pneumatofoor wat hom laat dryf.
- Die tentakels is vol netels met gif wat na uitdroging sy potensiaal verloor.
- Die laaste twee organismes is die spysvertering- en die voortplantigstelsel.
Bloublasies eet die sagte liggaamsdele van vissies en larwes van die meeste soort seediere soos krappe, palings en weekdiere. Krappe eet op hulle beurt weer graag die uitgespoelde bloublasies op strande.
Die grootste vyand vir bloublasies ter see is seeskilpaaie en seeslakke.
'n Bloublasiesteek kan behandel word deur die tentakels af te krap met 'n skerp, plat voorwerp soos 'n mes.
Warm water verlig die pyn en verander die gif se struktuur. Die sap van suurvygies (carpobrotus edulis) neutraliseer die gif.
Die landswye vergiftinghulplyn gedurende werksure (08:00 - 17:00) is 0861 555 777. Bron: Google
So lyk die brandmerke van 'n bloublasie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’