GEORGE NEWS - 'n Man is vanoggend in Rosemoor aangerand en doodgesteek na 'n konfrontasie oor 'n selfoon.
Die voorval het omstreeks 11:30 in O' Connelstraat plaasgevind.
Die slagoffer, Sydney Pietersen (26), is deur paramedici van ER24 behandel, maar hy het op die toneel beswyk.
Volgens inligting verskaf deur die Conville-polisie was verskeie lede van die gemeenskap by die voorval betrokke.
Die gemeenskap was glo ontevrede oor 'n selfoon wat uit 'n voertuig gesteel is en het die oorledene daaroor gekonfronteer.
Twee persone is in hegtenis geneem en sal Maandag in die George-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'