GEORGE NUUS - 'n 22-jarige verdagte is Sondag 20 Maart in Parkdene in hegtenis geneem in verband met die moord van die 25-jarige Xola Sanyoni. Die voorval het omstreeks 00:35 in Snakestraat, Ballotsview, plaasgevind.
Volgens onbevestigde inligting is die oorledene deur die verdagte doodgesteek ná 'n konfrontasie oor 'n gesteelde selfoon.
"Die oorledene het twee steekwonde aan sy bors opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar," het Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, gesê.
Die verdagte is by die polisiestasie in hegtenis geneem en was geskeduleer om gister, Woensdag 23 Maart, in die George-landdroshof te verskyn.
'Ons bring jou die nuuste George, Tuinroete nuus'