'n Kankerweek is van 25 Fe-bruarie tot 1 Maart by die skool gehou om geld in te samel vir Kansa en kankerbewusmaking te doen. Daar is met leerders gepraat oor die verskillende tipes kanker en hoe om dit te voorkom.
Die raad het gedurende die week 'n besielende VCSV-aand gehad. Die spreker, Liesel Dercksen, wat kanker oorleef het, het haar getuienis gelewer. 1 Maart was die groot dag waar daar tydens die jaarlikse Hol en Jol 'n Kansa-stalletjie was waar leerders hulle hare kon spuit of afskeer. Leerders was baie positief teenoor die projek en byna 60 seuns en 7 meisies se hare het gewaai.
Kwaggas het dit reggekry om R15 000 vir Kansa in te samel. Die skool het ook vyf spanne vir die Relay For Life ingeskryf wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Hoërskool Outeniqua bedank graag vir Kansa vir die ongelooflike werk wat hul in die gemeenskap doen en al die hulp tydens die week.

Personeel en leerders van Hoërskool Outeniqa saam met Kansa-bestuurslede.