Update
GEORGE NUUS - Sowat 'n jaar na die liggaam van Isabella Kruger (77) in 'n bad water in haar huis in Kraaibosch Country Estate in George gevind is, is die moordenaar, Jonathan Claassen (32) 'n lewenslange vonnis opgelê.
Claassen is Dinsdag 27 Maart in die rondgaande hooggeregshof in Knysna tot 25 jaar tronkstraf vir die moord van Kruger gevonnis.
Die vonnis
Claassen, wat in diens van 'n tuindienste was, is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis op aanklag van huisbraak met die doel om te steel, tien jaar op die aanklag van roof met verswarende omstandighede en 25 jaar op die aanklag van moord nadat hy 'n pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het.
Die hof het beslis dat die vonnisse van altesaam 40 jaar, samelopend uitgedien sal word. Claassen erken dat hy in die vroeë oggendure van
18 Maart 2017 by Kruger se huis in Kraaibosch ingebreek het. Volgens hom het hy vroeër gedrink en was tydens die voorval ook onder die invloed van tik. Kruger was alleen in die huis omdat haar man, Pieter Kruger, in 'n nabygeleë tehuis gewoon het. Die egpaar het twee maande voor die voorval van Pretoria na George verhuis.
In die huis
Claassen het toegang tot die landgoed verkry deur 'n gat onder die heining te grawe en het deur 'n oop venster Kruger se huis binnegegaan. In die huis het hy haar skootrekenaar gevind waarna hy na haar slaapkamer gegaan het.
"Ek het haar handsak en 'n boks vol goue items in haar kas gevind. Ek het ook die selfoon langs haar bed gesien," het hy gesê. Kruger het wakker geword en Claassen het gedink sy gaan begin skree.
"Ek het gedink sy gaan begin skree en haar om die nek gegryp en ons het begin stoei. Ons het geval en sy het haar kop teen iets gestamp. Sy het baie stil geword. Ek het die gesteelde goed in 'n plastieksak gedruk en is daar weg," het Claassen aan die hof vertel.
Hy het daarna teruggekeer om haar te probeer by bring.
"Ek het haar beweeg, maar daar was nie reaksie nie." Hierna het Claassen die slagoffer na die badkamer geneem en haar in die bad gesit en die water ingetap.
"Ek het seker 'n halfuur gesukkel om haar te probeer bybring toe ek besef dat sy moontlik dood is." Claassen het Kruger se motor gevat en agter 'n ander motor by die landgoed se hek uitgery. Hy is na Wildernishoogte waar hy die gesteelde items in 'n bos weggesteek het. Hy het op die Saasveldpad 'n ongeluk gehad en die motor op die toneel gelos. Hy het sy neef gebel om hom by die informele nedersetting in Wildernishoogte op te tel. Kruger se dogter het op haar liggaam afgekom.
Die arrestasie
Die Suid-Kaapse polisiewoord-voerder, kapt. Malcolm Pojie, het gesê die ondersoekspan het inligting ontvang van 'n verdagte wat in Kruger se motor opgemerk is en toe later weer in 'n ander voertuig gesien is.
"Die polisie het dié voertuig, wat toe op pad George toe was, opgespoor en voorgekeer. Die motor is deursoek en goedere wat vermoedelik uit Kruger se huis gesteel is, is in die motor gevind," het hy gesê. Claassen en sy neef is in hegtenis geneem. Sy neef is vrygelaat omdat daar nie genoegsame bewyse was om hom met die moord te verbind nie.
Lees 'n persverklaring van Kraaibosch-landgoed se bestuur hieronder:
"The Kraaibosch Country Estate and Manor Home Owners Association (KBHOA) still view the murder of Isabella Kruger, a resident Kraaibosch Country Estate as tragic and senseless. Our thoughts and prayers are with her family and friends.
"The trustees of the Home Owners Association (HOA) continue to keep the safety and security of the residents of Kraaibosch Country Estate and Manor as a high priority. Immediate action was the improvement of the security personnel and inclusion of foot patrols with security dogs. Continued maintenance of the security fence continues as a priority.
"At the last Annual General Meeting, 13 June 2017, the members of the KBHOA voted for a security upgrade to the value of R2,4m which would include security cameras and access control system. Phase one of the upgrade has already been completed already. Phase two is already in progress and should be completed by end of June 2018. The upgrades include biometric access control and CCTV cameras linked to a central control room.
"There have been no similar incidents reported since the murder of Isabella Kruger."
Lees vorige artikels:
- Kraaibosch-moord: Saak na Hooggeregshof
- Update on Kraaibosch murder
- Kraaibosch murder: Case postponed
- Murder suspect 'best worker'
- Senseless murder shakes Kraaibosch
- Kraaibosch murder: Latest update
- Kraaibosch murder: Case postponed
- Latest update: Kraaibosch murder
- Opvolg: Kraaibosch-moord
- Kraaibosch-moord: 2 Verdagtes vas
- Moord: Bejaarde vrou in bad water gevind
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'