Opvolg: Kraaibosch-moord

Generiese foto.

GEORGE NUUS - Arno de Vos, een van die ontwikkelaars van die Kraaibosch Country Estate, sê dit blyk asof daar geen skending van sekuriteit of betreding oor die landgoed se hoëspanning-elektrisiteitsheining was nie.
 
Dit volg nadat die liggaam van 77-jarige Isabella Kruger in 'n bad water in haar huis gevind is.
 
"Ons wag tans vir die uitslae van die ondersoek," het De Vos gesê.
 
Twee mans is intussen vir die moord aangekeer.
 
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
 
Lees vorige artikels:
 
 
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'


Your Comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald