Gallery Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Gwaiing-aksiegroep en talle ondersteuners, waaronder ruiters en perde van die Pacaltsdorp Riding Club, is via Yorkstraat op pad na die munisipaliteit om 'n griefskrif te oorhandig.
Kerkleiers van kerke in Pacaltsdorp vorm deel van die sowat 150 optoggangers.
LEES MEER: Arrestasie by Gwaingmond toe polisie tente afbreek
Die groep wil hul ontevredenheid uitspreek teenoor sogenaamde toegangsbeheer by Gwaiingriviermond, sowel as die manier waarop die plaaslike owerheid "kampeerders" rondom die feestyd vasgevat het.
LEES MEER: Afwagting vir optog
Verskeie politieke groepe, waaronder die PBI, Good en PA het hul by vanoggend se protesaksie geskaar.
FOTOGALERY: Codeta protest, Friday 28 January
Die aksiegroep gaan 'n griefskrif aan 'n verteenwoordiger van George-munisipaliteit oorhandig.
Video: Codeta speaks about situation in Parkdene
Foto's: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'