Update
GEORGE NUUS - Die spoedige optrede deur lede van Conville-polisie het daartoe gelei dat 'n gekaapte voertuig Maandagmiddag binne 'n uur na dié voorval gevind is.
Die bestuurder van die goudkleurige enkelkajuit Toyota Hilux was onderweg na die bank met 'n onbekende bedrag geld toe hy deur vier mans, almal met vuurwapens, in Nelson Mandela-boulevard gekaap is.
Lede van Conville-polisie is dadelik ontplooi en die voertuig, met slegs 'n selfoon in, is in Parkdene gevind.
Tot dusver is niemand in hegtenis geneem nie.
'n Beloning vir positiewe inligting word deur die slagoffer uitgeloof.
Persone met inligting kan die ondersoekbeampte, lt.kol Blackie Swart skakel by 044 803 3322.
Lees vorige artikels:
• Hijacking in Nelson Mandela Boulevard
• Hijacked bakkie found
English summary
Rapid response by the Conville police resulted in a hijacked vehicle being found on Monday afternoon within an hour after the incident.
The driver was on his way to the bank with an undisclosed amount of money when he was hijacked by four men, all with firearms, in Nelson Mandela Boulevard.
The vehicle was found in Parkdene.
Anyone with information can contact Lieut-Col Blackie Swart at 044 803 3322.
The victim is offering a reward for positive information.
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'