Update
GEORGE NUUS - Die groep optoggangers wat vanaf Pacaltsdorp tot voor die siviele departement gestap het om 'n griefskrif te oorhandig is tans hoogs ongelukkig.
Die groep vereis dat die burgemeester Leon van Wyk en waarnemende munisipale bestuurder Michele Gratz die memorandum in ontvangs neem.
Dit blyk egter dat die onderburgemeester, Raybin Figland, op pad is.
Van die protesgangers was op pad na George-munisipaliteit se hoofgebou om die burgemeester te gaan haal. Hulle is egter in die middel van Yorkstraat deur die polisie gekeer.
George-burgemeester, Leon van Wyk, Allen Paulse en brig. Phumzile Cetyana, waarnemende bevelvoerder van die Tuinroete het nou opgedaag om die memorandums in ontvangs te neem.
Brigadier Cetyana teken ontvangs van die memorandum.
George-burgemeester Leon van Wyk en die polisie se Brigadier Cetyana voor siviele dienste, om die memorandums in ontvangs te neem.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'