Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Kort na 11:00 vandag (4 Januarie) het groot juigkrete by verskeie hoërskole in George opgegaan toe matrieks formeel oor hul uitslae ingelig is. Die lang wag was verby en die harde werk agter boeke, is beloon met goeie uitslae.
By van die skole het leerlinge en hul ouers al vroeg opgedaag. In sommige gevalle het ouers meer senuweeagtig gelyk as die leerlinge.
By George Hoërskool het Levern Suurman (19) met sy fiets buite die skool gewag. “Ek is op my senuwees,” het hy vertel. “Die eksamen was ‘n groot uitdaging.”
Morton van Rooyen, die skoolhoof, het gesê 349 leerders het in 2018 matriek geskryf en die slaagsyfer is 83,5%. Dit is ‘n 2% verbetering op 2017.
Hy is tevrede met die 2018-uitslae “Die groep het ons verbaas. Soos die jaar aangegaan het, het dinge stoom opgebou.”
Volgens hom kan die sukses toegeskryf word aan harde werk van ervare onderwysers. In sommige van die vakke was die slaagsyfer 100%.
Kyk 'n video hieronder:
Christo Vorster, hoof van Hoërskool Outeniqua, het gesê 314 leerlinge het matriek geskryf en die slaagsyfer is 99%. Altesaam het 60 leerders 'n A gemiddeld behaal.
Altesaam 19 kandidate het 3 onderskeidings behaal, 22 het 4 onderskeidings behaal, 22 leerlinge het 5 onderskeidings gekry, 9 het 6 onderskeidings verwerf, 20 kan spog met 7 onderskeidings en 5 het 8 onderskeidings behaal.
Kyk 'n video hieronder:
Die Dux-leerling is Nina Augustyn (19). Sy het ‘n gemmiddeld van 95% behaal en al haar 8 vakke met onderskeidings geslaag.
Vorster het gesê kinders moet trots wees op wat hul vermag het. Daar is kinders wat onder moeilike omstandighede presteer het. Ouers en kinders moet ook erkenning kry vir hul aandeel in die sukses. Die skool is bevoorreg want hy het goeie voederskole in die omgewing.
Kyk 'n video hieronder:
Augustyn het aan die George Herald gesê sy het dit glad nie verwag nie. Sy gaan vanjaar B.Rek-forensies aan die Noordwes-universiteit in Potchefstroom studeer.
Kyk ons het geslaag. Matrieks van 2018 by die Hoërskool Outeniqua wys hul uitslae Vrydag voor die skoolsaal. Foto's: Eugene Gunning
Haar advies aan leerlinge is om reg deur die jaar hard te werk. “Moenie ‘n crash course doen nie.”
Levern Stuurman van George Hoërskool het buite die skool vir sy uitslae gewag. Foto: Eugene Gunning
Onder die leerlinge by Outeniqua wat 7 onderskeidings behaal het is Braam van Huysteen junior. Hy was verlede jaar hoofseun. Sy pa is die bekende sakeman en eienaar van Mr. Tekkie.
Braam van Huysteen, hoofseun van Outeniqua in 2018. Hy het 7 onderskeidings verwerf. Sy pa is die bekende sakeman en eienaar van Mr. Tekkie, Braam van Huysteen.
*In die nasionale opset het Gauteng die beste gevaar met ‘n slaagpersentasie van 87.9%. Die Vrystaat is tweede met 87.5% en die Wes-Kaap derde met 81.5%.
Die groep wat matriek in 2018 by die George Hoërskool geskryf het was Vrydag baie opgewonde oor hul uitslae. Hier is McKayla Wildemans, Cole Heynes, Henmar Roelf en Hylton Crawley. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'