GEORGE NUUS - ‘n Besigheidseienaar is omstreeks 13:00 vanmiddag, Donderdag 20 September, in Nelson Mandela-boulevard deur twee mans oorval en beroof.
Die man was op pad na sy voertuig om geld te gaan bank toe die verdagtes hom met ‘n wapen gedreig en van ‘n onbekende bedrag kontant beroof het.
Die verdagtes was geklee in sekuriteitsdrag en het klapmusse (balaclavas) aangehad. Hulle het te voet gevlug.
George-polisie was kort daarna op die toneel.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'