GEORGE NUUS - Twee fietse met 'n gesamentlike waarde van R135 000 is vroeg vanoggend, 13 Augustus, by die Coimbra-fietswinkel in Yorkstraat gesteel.
Een van die fietse, 'n Spesialised Turbo Levo FSR Comp 6 Fattie-elektriese fiets is R85 000 werd. Die ander fiets, 'n padfiets, se waarde beloop R50 000.
Die verdagte(s) het ook by 'n rekenaarwinkel en 'n motorfietswinkel in dieselfde kompleks ingebreek. Inligting rondom die inbrake by dié winkels is nog nie bekend nie.
Volgens voorlopige inligting het die verdagte(s) met die fietse in die rigting van Dormehlsdrift gevlug.
Enigiemand met inligting rondom die voorval kan vir Leon Rossouw by 079 240 3491 kontak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'