Update
GEORGE NUUS - Die 2-jarige dogtertjie wat gisteraand, 26 Desember, in 'n motorongeluk in CJ Langenhoven-weg betrokke was, is vanoggend uit die Mediclinic George ontslaan.
Volgens George-polisie kommunikasiebeampte, konstabel Rachel Hendriks, het die mediese verslag geen inwendige beserings getoon nie.
Die dogterjie is gisteraand weens moontlike kopbeserings na die hospitaal geneem na sy en haar ouers in hul Isuzu-bakkie reg van voor met 'n VW Polo gebots het.
Haar ouers het slegs skrape opgedoen.
Die vrou in die Polo het haar femur gebreek en die man het breke aan sy skouer en sleutelbeen.
Volgens Hendriks was die bestuurder van die Polo onderweg in die rigting van die dorp en die bakkie het in die rigting van Blanco gery.
'n Skerp lig het die bestuurder van die Polo na bewering verblind waarna hy in die aankomende baan beland het.
Lees 'n vorige artikel: Ongeluk in Langhoven-weg
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'