GEORGE NUUS - Die orkesfamilie van Carpe Musicam! het onlangs afskeid geneem van Marliese en Chris Woodcock. Dr. Marliese Goodman, soos sy plaaslik bekend is, het gehelp met die stigting van Carpe Musicam! in Julie 2015.
Sy het ook as eerste violis in menige konserte oor die laaste ses jaar opgetree. Haar laaste optrede saam met die 50-stuks Carpe Musicam! Orkes was op Sondag 17 Oktober tydens die "Hello Spring!"-konsert.
"Sy was die persoon wat met die naam 'Carpe Musicam!' (seize the music) na vore gekom het. Wat 'n wonderlike nalatenskap en nagedagtenis aan Marliese!" het Elsabe Barkhuizen, pianis en koorleier, gesê.
"Chris is een van die ampsdraers van die Carpe Musicam! NWO (nie-winsgewende organisasie), 'n voormalige koorlid en getroue ondersteuner en steunpilaar. Die Carpe Musicam!ers gaan hulle oneindig mis!" Die Woodcocks het reeds verhuis en hulle gevestig in Hillcrest, naby Durban.
Marliese en Chris Woodcock ontvang 'n geskenkmandjie van Elsabe Barkhuizen (middel) tydens hul laaste konsert saam met Carpe Musicam! Orkes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'