GEORGE NUUS - Op 28 Oktober van 08:00 tot 15:00 word ‘n wonderlike Potjiekos Fair by die sportterrein van Carpe Diem Skool gehou om fondse vir die skool in te samel. Dit gaan 'n dag van pret en kompetisie wees, en almal is genooi!
Het jy 'n passie vir potjiekos? Skryf in vir die potjiekoskompetisie en wys jou kookvernuf.
Kontak Daphne by 083 845 4215 om jou span in te skryf en staan 'n kans om die Beste Pot-toekenning te wen.
Besighede word uitgedaag om teen mekaar te pot en te wys wie die beste potjie kan maak.
Carpe Diem nooi ook skole in die gemeenskap om Ouer/Onderwyservereniging-spanne in te skryf.
Stalletjies
As jy meer van kuns en handwerk hou, is daar 'n spesiale area vir ‘arts en crafts’ waar jy jou produkte ten toon kan stel. Kontak Enisca by 071 107 7183 om jou stalletjie te bespreek. Daar is nog openinge beskikbaar.
En moenie die kinders vergeet nie! Daar is 'n kaskarkompetisie vir die kleintjies, 'n springkasteel vir ure van pret en 'n inkleurkompetisie om hul kreatiwiteit te wys.
Of, as jy net lus het om die dag saam met die familie deur te bring, bring jou stoel en sambreel.
Dit is 'n dag wat jy nie wil misloop nie, so noteer die datum - 28 Oktober om 08:00 - vir 'n dag vol pret, lekker kos, en gemeenskapsgees.
Onthou, dit is by die Carpe Diem Skool se sportterrein. Sien jou daar!
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’