GEORGE NUUS - Die brand wat vroeër vanoggend agter Harmonypark in Pacaltsdorp begin het, is vinnig deur die brandweer onder beheer gebring.
Die rook wat tans gesien word is as gevolg van die smeulende gras en bome.
Niemand is beseer nie en geen geboue is beskadig nie.
Die gebied word gemonitor.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'