LET OP: Die vergadering vind nie meer plaas nie. Dit is gekanseleer.
GEORGE NUUS - U word uitgenooi na die algemene jaarvergadering van die Assosiasie vir Persone met Gestremdehede in George. Die vergadering vind volgende Woensdag, 25 Augustus om 11:00 by Eagle’s Nest Ministries in Olympicrylaan in Pacaltsdorp plaas.
Covid-19-protokols sal gevolg word en slegs die eerste 50 persone wat antwoord, sal die vergadering kan bywoon.
Geen persone sonder maskers sal toegelaat word by die vergadering nie.
Kontak gerus Eleine Landman by 044 878 1937 voor of op 23 Augustus.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'