Update
GEORGE NUUS - Hulp en bystand het gistergoggend, Woensdag 4 Junie, ingestroom kort nadat 34 mense dakloos gelaat is en een dood is in 'n verwoestende brand in Disselboomstraat, Touwsranten. George-brandweer is omstreeks 04:50 na die toneel ontbied.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het by navraag gesê, 11 strukture op drie erwe is in puin gelê.
Die liggaam van 'n jong man, vermoedelik in sy 20's, is in die puin gevind. 'n Geregtelike doodsondersoek word gedoen. Die oorsaak van die brand is onbekend. Geen gemene spel word vermoed nie. Volgens George-munisipaliteit kommunikasiebeampte, Debra Sauer, het hul sosiale ontwikkeling afdeling die families voorsien met noodverligting en 'n bord warm kos.
Die ses families wat dakloos gelaat is, word tydelike by die plaaslike gemeenskapsentrum gehuisves.
Lees 'n vorige artikel: Een dood, 30 dakloos na brand
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'