Breaking News Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Vroue van Phakamani Makhosikazi in Thembalethu vaar vanoggend die strate in om vir die boelies en misdadigers in die gemeenskap te sê: “Genoeg is genoeg!”
Voorsitter van dié beweging, Ntombi James, het die polisie in Thembalethu, gemeenskapspolisiëringsforum, lede van Community in Blue, kerkleiers en inwoners uitgenooi om deur van die gevaarlikste dele van Thembalethu ‘n plakaatbetoging teen geweld in die gemeenskap te hou.
Toevallig was daar ‘n groep mense vanoggend voor Thembalethu-polisie was ongelukkig was na ‘n messteek-voorval gisteraand, waartydens ‘n vrou blykbaar deur ‘n man beseer is.
Sulke voorvalle van geweld, verkragting en aanranding – selfs moord – is volgens James ‘n gereelde verskynsel in hul woongebied.
Voorsitter van Phakamani Makhosikazi, Ntombi James, voor die polisiekantoor in Thembalethu.
Beauty Makoloi en Veronica Majwete, beide lede van Phakamani Makhosikazi, is ontsteld oor ‘n geweldige toename in geweld in die area. “’n Jong meisie van 11 of 12 kan nie eens meer waag om ‘n pakkie tjips by ‘n winkel te gaan koop nie,” sê Makoloi. “Dis groot mans wat die kinders nader roep. Hulle kon hulle oupas of ooms wees, hulle is al oud. En as hulle hulle teësit, dan word hulle met geweld geneem.”
Volgens Makoloi is daar daagliks verkragtings in Thembalethu. “Dit word dikwels nie aangemeld nie, want die kinders word gedreig met die dood.”
Video: Michelle Pienaar
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’