GEORGE NUUS - ’n Moordsaak word ondersoek ná die dood van ’n man (35) in Kloofstraat, Pacaltsdorp, omstreeks 20:30 op Saterdag 31 Mei.
Sersant Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê voorlopige inligting dui daarop dat daar 'n woordewisseling tussen die betrokke partye was, waarna die slagoffer ’n steekwond aan die nek opgedoen het.
"Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar," sê Spies.
Volgens inwoners in die omgewing is die verdagte vroeër die middag in die strate gesien waar hy baie aggressief voorgekom het.
“Hy het sommer skoor gesoek met mense wat in die straat gestap het,” sê een inwoner.
’n 18-jarige verdagte is in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy bly in aanhouding en sal na verwagting môre, Dinsdag 3 Junie, in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’