Update
GEORGE NUUS - Die 18-jarige moordbeskuldigde wat aangekla word van die moord op Manfred Lee (36) van Pacaltsdorp, het vanoggend vlugtig in die George-landdroshof verskyn.
Die beskuldigde het sy borgtogaansoek laat vaar en sy regsverteenwoordiger het ook onttrek.
Die beskuldigde staar 'n klag van moord in die gesig ná hy glo vir Lee met 'n mes doodgesteek het. Lee is Saterdagaand, 31 Mei, omstreeks 20:30 dood nadat hy met 'n mes in die nek gesteek is naby 'n vriend se huis in die omgewing van Kloofstraat.
Sersant Chris Spies, polisiewoordvoerder van die Suid-Kaap, het bevestig dat ’n moordsaak ondersoek word.
Die 18-jarige is kort ná die voorval in hegtenis geneem, maar nie voordat sommige lede van die gemeenskap hom in die hande gekry het nie.
Inwoners van Pacaltsdorp het aan George Herald gesê die verdagte is vroeër daardie middag in die strate gesien waar hy glo aggressief opgetree en twee ander mense op dieselfde dag gesteek het.
Hy bly in aanhouding en sal op Woensdag 9 Julie weer in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’