Advertorial Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - Mnr. Charles Robertson (Sr) het ‘n voorliefde gehad vir die mense van sy omgewing. Hy het jong boere betrek om Transand saam met hom te begin. Só het van die bekende figure in die distrik, naamlik Jan Badenhorst, Kleintjie Oosthuizen, Philie Muller en Jackson Oosthuizen almal hul bydrae gelewer om ‘n goeie grondslag te lê.
Deur die jare was Transand dan ook suksesvol om betonsand en klip van hoogstaande gehalte te vervaardig vir die bou van alle brûe op die N2 vanaf die Kaaimans- tot die Gouritsrivier.
Gedurende 1975 tot 1985, was Transand betrokke by die ontwikkeling en uitbreiding van Mosselbaai se hawe en die vervaardiging van dolosse vir die verlenging van breekwater, eers deur Clifford Harris en daarna deur Murray & Roberts asook die bou van Vincent Jetty is met behulp van Transand gedoen.
Gedurende die vroeë 80’s het Transand ‘n gedeelte van die eiendom bo-op die Mosselbaai-skiereiland, bekend as Uitbreiding 10, van die munisipaliteit gekoop.
So is die ontwikkeling van Rodgerstraat tot by die aansluiting van Brunsweg en die St Blaize-meenthuisontwikkeling, vandag bekend as Linkside, gebou. In hierdie tyd het Transand die 2de en 3de fase van Uitbreiding 12 suksesvol voltooi, vandag bekend as Heiderand.
Gedurende 1985 en 1986 het die 2de geslag Robertsons by Transand aangesluit. Die maatskappy is gediversifiseer in verskillende afdelings naamlik vervaardiging, konstruksie en vervoer. Daar is verskillende infrastruktuurprojekte vir verskillende munisipaliteite voltooi soos reservoirs, watersuiweringswerke en riooluitvalwerke.
In 1987 is die Wolwedansdam gebou wat die eerste “droë betonplasing-konstruksie” in Suid-Afrika was. Transand en Blasting & Excavating wen die kontrak om vir Waterwese alle konstruksiebeton-materiale te voorsien vir die bou van dié dam. Twee derdes van die totale materiaal moes binne ‘n kort tydperk gelewer word voordat konstruksie kon begin. Die laaste derde is tydens konstruksie gelewer.
Video: Transand vier 50 jaar
Daarna volg die konstruksie van PetroSA, waar Transand se materiale die enigste goedgekeurde materiaal vir alle struktuurbeton op die terrein was.
Wyle Charles Robertson (sr.) is gedurende 1999 oorlede. Die besigheid is verder gediversifiseer en elke afdeling het ‘n maatskappy van sy eie geskep.
Teen 2000 is die maatskappye bemagtig soos deur die nuwe Grondwet vereis word, elk met hul unieke aandeelhouding, identiteit en kultuur.
So bestaan die Transand-groep van maatskappye vandag na 50 jaar uit 8 verskillende afdelings
1. Transand (Pty) Ltd
Die afdeling is in besit van ‘n mynlisensie wat in die verwerking van produkte spesialiseer; bou- en pad materiale, sowel as spesialisprodukte insluitend filtersand en grondverskuiwingsmasjinerie vir die skoonmaak van erwe en algemene grondverskuiwing.
'n Verskeidenheid bou- en konstruksiemateriaal wat deur Transand verskaf word, is:
- G2- en G4-kroonlaag
- G5-stutlaag
- G7 / G9 SSG (Gruis-opvulmateriaal) 5-, 6- en -10mm-klipstof
- klipstof vir flodderseëllaag by die vervaardiging van teer
- klipstof vir die vervaardiging van stene
- klipstof vir deklaag van betonvloere
- gebreekte klip
- 7-, 9-, 13- / 19mm-betonklip
- 7-, 9- / 13mm-teerklip
- gebreekte rots
- stortrots
- stutklip
- geselekteerde klip
- sand-opvulmateriaal
- bedding-, filter-, rivier, beton-, plaveisel- en pleistersand
- droë beddingsand
- sand en gewaste klip vir setperke
- bunkersand
- randsteenmengsel
- rooiklip
- riviergruis
- bolaag- / tuingrond
Masjienverhuring sluit in:
- stootskrapers
- uitgrawers
- laaigrawe
- slootgrawers
- padskrapers
- rollers
- wipbakvragmotors
- rotsbakvragmotors
- stortvragmotors
- platbakvragmotors
- watertenkvragmotors
- laebedvragmotors
- trekkers
- Montabert-rotshamers vir uitgrawings
Kontakbesonderhede:
044 695 0105 / 082 417 8378
Charles Jnr 082 519 4391
sales@transand.net
www.transand.org
2. Buyline Trading (Pty) Ltd
Dié afdeling word bedryf onder ‘n bousand- en laterietmynlisensie wat in die verwerking van padbouprodukte spesialiseer.
3. CB Robertson Vervoer BK
‘n Vloot wipbakvragmotors vir die vervoer van verskeie materiale en produkte, asook grondverskuiwingsmasjienerie vir die skoonmaak van erwe en algemene grondverskuiwing is beskikbaar.
4. Urhwebo e-Transand (Pty) Ltd
Bogenoemde is ‘n siviele en bouonderneming wat by die CIDB-raad as 8CE- en 7GB- maatskappy geregistreer is. Huidige kontrakte sluit in George-, Oudtshoorn- en Mosselbaai-munisipaliteite asook privaat ontwikkelings.
'n Paar mylpale oor die afgelope 50 jaar is onder meer:
- grondwerke vir die Gouritsrivierbrug, asook reservoirs en watervoorsiening aan Gourits;
- die "afvalverwyderingsterrein" by Mossgas (nou PetroSA) wat ook
verskeie toekennings gewen het; - die inploffing van die Nestlé-fabriek;
- grondwerke vir die opgradering en uitbreiding van die skietbane, toegangspaaie en geboue by die SAPD Kollege in Oudtshoorn;
- siviele werk vir die ontsoutingsaanleg in Mosselbaai; siviele werk vir 900 erwe in George; siviele werk vir die Eden Meander Lifestyle Centre op George;
- die konstruksie van 'n 12.5 Ml reservoir in George en die opgradering van die Suurbraak-afvalwaterwerk in Swellendam. Urhwebo is tans besig by siviele werk vir onder meer die Hartland- en Renosterbos-ontwikkelings; die konstruksie van 'n 7 Ml-reservoir en waterpompstasie vir Mosselbaai Munisipaliteit; asook die opgradering van stormwaterstelsels in De Rust, Dysselsdorp en Oudtshoorn.
Kontakbesonderhede:
044 695 0105
Theuns 082 875 7496
Chris 082 710 0477
urhwebo@gmail.com
www.transand.org
5. Enonbrick (Pty) Ltd
Enonbrick is in 2000 gestig om waarde tot Transand materiaal toe te voeg. Enonbrick verskaf gehalte sementprodukte aan kliënte regoor die Suid-Kaap. Die kennis van sementspesialis Stefan Wittmann ondersteun die maatskappy se slagspreuk
"Ons kwaliteit...U trots."
Enonbrick vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar en die produkte wat vervaardig en afgelewer word, sluit in:
- boustene (7 / 14mpa)
- sierstene (Rockface & Exposed)
- maxi-stene
- boublokke (190; 140 & 90mm)
- stutblokke
- Interlock-, Bevel-, Hexagon- asook tradisionele plaveistene (Al die bogenoemde is beskikbaar in 'n verskeidenheid kleure)
- randstene
- lintels
Kontakbesonderhede:
044 695 0539 / 082 417 8378 /
082 770 0325
info@enonbrick.co.za
www.enonbrick.co.za
6. T&T Concrete (Pty) Ltd
T&T Concrete is in 2004 deur Transand & Kirsten en Tulleken Vervoer (Transand & Tulleken) gestig en is SANAS 878 geakrediteerd.
Alles het begin met twee betonmenger-vragmotors, maar dit het gou uitgebrei na ‘n tweede tak wat in 2006 in Mosselbaaai geopen is. Vandag is daar ‘n vloot van 14 vragmotors en 2 boogpomp trokke wat onderandere 36 meter kan bereik.
Ons het ook 'n kleiner boogpomp wat 20 meter kan bereik vir daardie moeilik bereikbare dele. 'n Boogpomp is 'n vragmotor-gemonteerde betonpomp wat beton vanaf die vragmotor via die boogpomp na die aangewese plasingsgebied verplaas.
Voorafgemengde beton word gemaak volgens gespesifeerde mengsel-ontwerpe. Dit bestaan uit ‘n mengsel van water, sand, klip en sement en word per gewig gemeng. Alle materiale word geweeg en gelaai via 'n vervoerband na die vragmotor waar dit gemeng word.
Die operateur sal dan 'n inspeksie doen om te sien dat die insinking korrek is en die beton deeglik gemeng is. Die gewig van alle materiaal word op rekenaar aangeteken. Dit verseker dat die kliënt altyd gewaarborg kan word dat die korrekte mengselontwerp gebruik is.
Die finale produk word afgelewer deur mengervragmotors. Die twee fabrieke is in George Industria en in Hartenbos geleë en is gerat om beton aan die hele Suid-Kaap te voorsien.
Voordele van T&T Concrete is:
- bedien 'n wye gebied;
- sluit 'n pompvragmotor in om bodekke en -blaaie te gooi;
- bedien industriële en residensiële konstruksie;
- goeie kwaliteit beton;
- elimineer stoorplek op boupersele;
- vermy vermorsing;
- spaar op arbeid en koste;
- bespaar op tyd en verminder geraas en stofbe soedeling op boupersele.
Die produkreeks sluit in:
- 10 tot 65 MPA Beton
- pompmengsels
- swembad-, bolaag- en dolomitiese beton
- “No-fines”-, self-kompaktering- en gekleurde beton
- beton vir die mariene omgewing
- dagha klas 1&2
Kontakbesonderhede:
044 695 4313 / 044 875 1957
Bernie 072 226 5336 /
Jacques 082 303 1352
www.ttconcrete.co.za
7. Techno Asphalt (Pty) Ltd
Techno Asphalt vervaardig warm vooraf-gemengde asfalt vir die teer van paaie. Alle gespesifeerde mengsels word volgens ‘n mengselontwerp, wat deur ons eie laboratorium getoets word, gedoen. Die produk word vervaardig in ‘n deurlopende drommenger.
Produkte sluit in:
- “Continous Fine Grade” warm gemengde asphalt
- Continous Medium Grade” warm gemengde asphalt
- BTB
- UTA
Kontakbesonderhede:
044 695 0455
Hennig 082 777 0911
Stefan 082 770 0325
admin@technoasphalt.co.za
8. iPatch
iPatch het ontstaan as gevolg van 'n behoefte aan die herstel van slaggate in paaie. Die maatskappy is in 2007 deur Hennig Marais gestig. iPath verskaf koue asphalt en tosas bitumin-emulsies. Produkte word gelewer in die Wes-, Suid- en Oos-Kaap.
Die produk is 'n padbolaag- en padonderhoud-materiaal wat bestaan uit koolstofskalie, bitumen en gebreekte klipmateriale. Dit is verpak in handige 30 kg-sakke. Daar is sewe maklike stappe om ‘n koue asfaltengsel aan te wend vir die herstel van slaggate.
Die gradering van die mengsel voldoen aan die vereistes van 'n medium voortdurend gegradeerde asfalt, volgens die CSRA-standaardspesifikasies.
Kontakbesonderhede:
044 695 0105
ipatchmbay@mweb.co.za
Die naam Transand is sinoniem met kwaliteit en diens
Die Transand-groep lewer sy dienste oor die hele Suid-Kaap van Plettenbergbaai tot Swellendam en dele van die Karoo tot Beaufort-Wes. Daar is ongeveer 300 werknemers in Transand-groep se diens.
Transand het die afgelope 10 jaar deur middel van gemeenskapsprojekte in die omgewing teruggeploeg. Van hierdie projekte sluit in die Sonskynvallei-kliniek asook volledig toegeruste rekenaarlokaal in Sonskynvallei.
Vanjaar in 2021, vier Transand sy 50ste bestaansjaar. Transand bedank al hulle kliente vir hul lojale ondersteuning, asook alle personeel vir hul lojale diens. Ons dank ook aan ons Hemelse Vader vir Sy leiding, behoud en bewaring van alle werknemers en bestuur.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'