Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Of jy nou jou huis, besigheid of enige gebou wil opknap met 'n vars laag verf, of as jy 'n boukontrakteur is wat op soek is na die beste verfdiens, is jou beste opsie om aan te klop by Pick-a-Paint George.
In die twee dekades van die maatskappy se bestaan, het Pick-a-Paint 'n reputasie verwerf as persoonlike verfspesialiste vir elke doen-dit-self entoesias, terwyl hulle ook meer as genoeg bied vir selfs die mees ervare kontrakteurs.
Die oomblik as jy die winkel instap, word jy begroet met 'n glimlag en die kundigheid van verfkundiges. Nie alleen word jy bedien deur topmense nie, maar Pick-a-Paint se lang verbintenis met Prominent Paints verseker dat kwaliteit nooit ingeboet word nie, en jy koop teen mededingende pryse met 'n keuse uit 'n uitgebreide reeks produkte wat sal voorsien in enige verfprojek se benodigdhede.
As jy kundige raad of selfs kleurpassing nodig het, sal die span uitry na jou perseel om die muur/mure te meet wat jy wil verf, en hulle sal kundige advies gratis verskaf wat elke aspek van jou aankope aanspreek.
Die George-tak van Pick-a-Paint bied uitstekende kwaliteit verf danksy hul verbintenis met Prominent Paints. Kundiges gee jou ook raad deur die perseel te besoek waar jy wil verf. Foto: Alida de Beer
Jy sal ook op Pick-a-Paint se kliëntebasis ingevoer word sodat jy die volgende keer as jy verf nodig het, slegs kan instap, jou naam of adres verskaf, en die klerk sal die presiese verf wat jy nodig het, verskaf.
As die verf wat jy nodig het nie dadelik beskikbaar is nie, neem dit slegs 'n dag of twee voor dit by jou voordeur afgelaai word. Dis nie nodig vir 'n week se wag om te kry wat jy nodig het nie.
Pick-a-Paint se tak in George is drie jaar gelede bygevoeg tot die maatskappy se groeiende voetspoor in die land en bied George-inwoners 'n eenstop-verfwinkel wat hulle nooit geweet het hulle nodig het nie.
Die maatskappy is in 2002 begin met die eerste tak in Rustenburg, waarna 'n tak in Bela-Bela geopen is. Die Knysna-tak wat vier maande gelede sy deure oopgemaak het, is die jongste toevoeging.
Jy kan die Pick-a-Paint George-tak kontak deur hulle te skakel by 044 884 1407 of deur middel van e-pos by georgesales@pickapaint.co.za. Of jy kan hulle besoek te Memoriamstraat 1 waar hulle gerieflike perseel oorgenoeg parkering bied op enige weeksdag tussen 08:00 en 17:00 en Saterdae tussen 08:00 en 13:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'