Advertorial
SAKENUUS - Mic Fin-groepskemas, 'n versekerings-maatskappy van die Suid-Kaap, het vandeesweek 'n ooreenkoms met SWD-rugby gesluit waarin die maatskappy besluit het om die jaarlikse SuperSport Uitdaagreeks se finale wedstryd met 'n kontantbedrag van R50 000 te borg.
Die jaarlikse SWD Premierliga rugbytoernooi sal ook voortaan as die SWD Mic Fin Premierliga bekendstaan. Volgens Ian Celliers, eienaar van Mic Fin, sal die borgskap vir die volgende drie jaar geldig wees.
"Op die oomblik borg ons reeds vir Progress-rugbyklub van George asook vir Barbarians-rugbyklub van Mosselbaai. "Hierdie borgskap is die maatskappy se nederige manier om weer terug te ploeg in die gemeenskap omdat die gemeenskap ons so lojaal ondersteun."
"Ons hoop van harte dat hierdie borgskap al die betrokke klubs sal motiveer om selfs nog meer opwindende rugby in dié reeks te lewer."
Hennie Baartman, voorsitter van die SWD-rugbyunie, het gesê dat dié borgskap die grootste in klubrugby in die laaste ruk is. SWD-rugby sal op sy beurt ook
R60 000 borg wat die prysgeld vir die finale SuperSport Uitdaagwedstryd op R110 000 te staan sal bring.
Die finale wedstryd van die toernooi vind op 21 September plaas.
Volgens David Kampher, voorsitter van Barbarians-rugbyklub op Mosselbaai, het hy 'n geruime tyd al sekere leemtes in die plaaslike rugbystelsel geïdentifiseer en daarom besluit om Celliers te nader.
"Ons klubrugbyspelers draf Saterdag na Saterdag op die veld uit met die wete dat daar 'n groot moontlikheid is dat hy dalk ernstig beseer kan word."
"Die risiko's en die kostes verbonde aan beserings het eenvoudig in ons huidige ekonomiese klimaat te veel vir dié spelers geword om alleen te dra. "Na samespreking met die onderskeie rugbyklubs is daar besluit dat Mic Fin ook voortaan die rugbyklubs se amptelike versekeringsmaatskappy sal word."
Ledegeld sal ingevolge die ooreenkoms slegs R30 per speler per maand beloop wat deur die betrokke rugbyklub betaal sal word."
Hierdie maandelikse premie vrywaar die spelers dan van risiko in die volgende gevalle:
- Beserings: Tydelike ongeskikheid R2 000 per maand vir drie maande.
- Ongeskikheids- of sterfte in ongeluk: R20 000.
- Ambulansdiens op 'n gereedheidsgrondslag: 24 uur per dag.
- Gratis regsadvies vir spelers: 30 minute afspraak per speler.
- In die geval van sterfte: Gratis vervoer van die liggaam.
- Traumadekking: tot R5 000 vir die speler en sy gesin.
- Gratis registrasie as begunstigde tot Mic Fin se fondsinsamelings projek.
Indien 'n rugbyspeler besluit om sy loopbaan by 'n ander klub voort te sit kan hy ook vervang word met 'n nuwe speler.
Rugbyklubs sal ook outomaties 15% kommissie verdien indien enige toeskouer Mic Fin nader rondom versekering en bevestig dat hy dié betrokke klub ondersteun.
Vir enige navrae skakel 061 421 9969 of epos iacelliers.micfin@gmail.com
Hennie Baartman (derde voor van links) voorsitter van SWD-rugbyunie, skud blad met Ian Celliers, eienaar van Mic Fin groepskemas versekeringsmaatskappy. Hier verskyn bestuurslede van plaaslike rugbyklubs in Oudtshoorn. Foto: Wyndham Ewerts