Advertorial
GEORGE NUUS - Rauch Gertenbach Prokureurs is vir die afgelope 100 jaar sinoniem met die regsprofessie in die Suid-Kaap.
In 2010 het die firma die eerste van sy drie takkantore in die omgewing hier in George geopen. Onder die bekwame beheer en bestuur van Maryke Landman het die kantoor klein begin en mettertyd in 'n volwaardige regsfirma, wat nou reeds die hele spektrum van regsdienste dek, gegroei.
Die firma spits hulle onder andere toe op die gebied van aktes wat in beginsel eiendomstransaksies en registrasie van oordragte van vaste eiendom behels. Landman word hierin bygestaan deur Dirk Schoeman.
Saam beskik hulle oor ondervinding van meer as 45 jaar.
Die handeling met vaste eiendom kan soms na 'n oorweldigende en uitdagende proses klink, maar Rauch Gertenbach George verstaan nie net die kompleksiteit van transaksies nie, maar weet ook dat elke geval uniek is en dat elke kliënt se verwagting van 'n ander verskil.
Met die bekwame en vriendelike bystand van Maryke en haar span, verseker Rauch Gertenbach George dat partye te alle tye met integriteit en eerlikheid behandel word.
Met die gemoedsrus van die kliënt in gedagte, word elke transaksie persoonlik deur die Aktevervaardigers hanteer. Kommunikasiekanale is te alle tye oop, navrae word stiptelik hanteer en elke party word gereeld op hoogte gehou van vordering met die proses.
Rauch Gertenbach George is voorts aktief betrokke by die plaaslike gemeenskap waar hulle poog om tot voordeel van almal 'n positiewe verskil in die lewe van mense te maak.
Rauch Gertenbach George glo in tradisionele waardes en uitnemendheid in regsdienste. Hulle kantoor is 'uit George vir George' en streef absoluut daarna om die gemeenskap met professionaliteit te dien.
Gaan besoek hulle kantoor gerus te: Lache House, Yorkstraat 120 of kontak 044 601 9900.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'