Advertorial Video
SAKENUUS EN VIDEO - Die 139 jaar oue Bosch-naam, wat sinoniem is met die hoë kwaliteit van huishoudelike toestelle en elektriese gereedskap, bied ook sedert 1921 Bosch Car Service aan die publiek.
Bosch Car Service is 'n motordiens en handhaaf werkswinkel- konsep van Robert Bosch. Daar is tans 120 Bosch Car Service werkswinkels in Suid-Afrika alleen.
Met die onlangse opening van Bosch Car Service Centre is die Bosch-standaard nou ook in George beskikbaar vir motor- en bakkie-eienaars wat hulle voertuie met 'n geruste hart wil laat diens.
Bosch Car Service George is 'n vyfster gegradeerde Retail Motor Industry- (RMI) verskaffer asook 'n goedgekeurde verskaffer van Discovery Insure. Danksy 'n samewerkingsooreenkoms met Discovery Insure ontvang die versekeraar se motorkliënte afslag by 'n Bosch-dienssentrum, gebaseer op hulle Discovery-status.
Bosch Car Service George is een van paar takke wat besit word deur 'n ervare Bosch-franchise-eienaar met 28 jaar ondervinding as 'n gekwalifiseerde meganiese tegnikus en werkswinkeleienaar. In 2010 het hy deel geword van die Bosch Car Service-konsep. Hy beplan al die afgelope twee jaar om 'n tak in George te vestig. "Ek het net gewag vir die regte plek en die regte tyd," sê hy.
VIDEO - Bosch Car Service George | First-class care you can trust:
Bosch Car Service George se bestuur word behartig deur Liza Labuschagne wat 14 jaar ondervinding as bestuurder van die eienaar se Johannesburg-tak was. Hulle wenkombinasie vir tevrede kliënte is eenvoudig, "Ons kyk na jou kar asof dit ons eie is," sê Liza.
Bosch-sagteware 'praat' met alle voertuie
Die Bosch-sagteware wat gebruik word, is versoenbaar met enige handelsmerk en Bosch streef daarna om dieselfde standaard van diens en kwaliteit te bied as by die oorspronklike handelsmerkwerkswinkel.
Bosch-onderdele of Bosch goedgekeurde onderdele word gebruik. Waar moontlik word in sommige gevalle oorspronklik vervaardigde onderdele gebruik, maar die meerderheid onderdele van luukse handelsmerke soos BMW en Volkswagen word in elk geval deur Bosch vervaardig.
Items soos ruitveërs, batterye en gloeilampies kan ook hier gekoop en geïnstalleer word. Bosch Car Service Centre vervang ook gas in voertuiglugversorgingstelsels en bied elektroniese diagnoses.
Kliënte wat nie alternatiewe vervoer het nie, kan binne 'n 10 km-radius van die sentrum afgelaai word.
Die ontvangsdame, Lizel Heyneke, laat kliënte tuis voel en kan hulleself help aan 'n heerlike koffie by die koffiemasjien.
Die George-tak is deel van 120 takke landwyd en 16 000 wêreldwyd.
Kontak: 044 011 5100
Adres: Glazestraat 2, George Sentraal
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’